Florrie Fokus 03 – 28 Januarie 2010
Sunday, January 31st, 2010Groot PDF lêer wat lank mag neem om oop te maak.
Groot PDF lêer wat lank mag neem om oop te maak.
Slegs die top 10 skole in Gauteng is tot dusver bekend gemaak wat prestasie in die 2009 Seniorsertifikaateksamen betref.
Mnr. Charles Phahlane – segsman van die Gauteng Onderwysdepartement se Kommunikasie en Mediaskakelingskantoor sê die volgende oor die kriteria wat gebruik word om die top skole in Gauteng te bepaal: ”The criteria for ranking schools is based on the total number of learners with good quality passes that are eligible to enter higher education where they can be trained in skills needed to grow the economy and alleviate poverty. Therefore, a school with 15 learners with an average of six distinctions per learner will be ranked lower than a school with 300 learners with an average of 3 distinctions each and a higher level of bachelor passes.”
Die aantal leerlinge wat geslaag het, die aantal leerlinge wat universiteitsvrystelling (om ‘n graad te gaan studeer) verwerf het en die totale aantal onderskeidings wat behaal is, word as maatstaf gebruik. By Hoërskool Florida het nie minder nie as 274 leerlinge geslaag, 194 graadstudievrystelling verwerf en is daar in totaal 414 onderskeidings behaal. Dit besorg hierdie spogskool op akademiese gebied ‘n puik 12 de plek in Gauteng!
Die amptelike lys van Gauteng se individuele presteerders word nog afgewag, maar Hoërskool Florida se Wilmé Olivier se gemiddeld van 95,2% in die 2009 Seniorsertifikaateksamen (‘n gemiddeld wat haar in 2008 ‘n eerste plek in Gauteng sou besorg) behoort te verseker dat sy onder die top leerlinge in Gauteng sal tel wanneer dit amptelik bekend gemaak word.
10 Onderskeidings

WISKUNDE 99%
Emcé van Zyl
Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde, Inligtingstegnologie, Wiskunde vraestel 3 én Alpha Wiskunde. Emcé gaan op Maties vir ‘n Aktuaris studeer.
9 Onderskeidings
WISKUNDE 99%, WISKUNDE 3DE VRAESTEL 100%,
ALPHA WISKUNDE 100%, REKENINKUNDE 96%
Wilmé Olivier
Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Wiskunde vraestel 3 én Alpha Wiskunde. Wilmé het ‘n gesogte beurs van Deloittes losgeslaan om B.Com.Rek. (Geoktrooieerde Rekenmeester) aan Tukkies te studeer.
Jacques le Roux
Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde, Inligtingstegnologie en Alpha Wiskunde. Jacques gaan vir Aktuaris studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.
Andries Gous
Afrikaans 84, Engels 85, Wiskunde 91, Fisiese Wetenskappe 84, Lewenwetenskappe 89, Rekeningkunde 88, Wiskunde: waarskynlikheid; datahantering 90, Alpha Wiskunde 82
8 Onderskeidings
Francois du Toit
7 Onderskeidings
Lisa-marie Heyns
Bianca Rossouw
Estiaan Klem
6 Onderskeidings
Erika Dirksen
Chaney Visser
Jacques Wentzel
Sien die Akademieblad Toppresteerders vir meer inligting en die foto-album vir foto’s (Foto’s volg)
Kliek om pdf lêer oop te maak. Die lêer is groot en mag bietjie ank neem om oop te maak.
Neil Faasen (gr. 12) het tydens die afgelope Desember 2009 vakansie ‘n silwer medalje in stoei verower tydens die Statebondkampioenskappe wat gehou is in Singapore. Baie geluk met ‘n puik prestasie, Neil!