Archive for July, 2010
UITNODIGING OPEDAG WOENSDAG 18 AUGUSTUS 2010
Monday, July 26th, 2010Tyd vir hoërskool toe! U as ouers is besig met ‘n uiters belangrike en moeilike besluit. Waarheen? Watter hoërskool sal vir my kind die beste wees?
Afgesien van ons prestasies op sport- en kulturele gebied, is ons veral trots op ons puik akademiese rekord.
Jaar na jaar lewer Hoërskool Florida die meeste vaktoekennings sowel as die meeste personeeltoekennings
tydens die distriksprysuitdeling. Die skool is beslis die akademiese bastion aan die Wesrand!
Die afgelope twaalf jaar is die volgende puik prestasies behaal:
· 6 leerders behaal 10 A’s elk
· 15 leerders behaal 9 A’s elk, 20 leerders behaal 8 A’s elk
· 55 leerders behaal 7 A’s elk, 64 leerders behaal 6 A’s elk
· 3922 vakonderskeidings
Vir verdere inligting en navrae, moet u beslis Hoërskool Florida se Opedag op Woensdag 18 Augustus 2010 bywoon. Kom vergewis uself van wat hierdie unieke skool u en u kind bied.
Die program vir dié dag is kortliks soos volg:
13:00 – 13:45 Aankoms en ete (Graad 7’s)
13:45 – 14:00 Indeling in groepe
14:00 – 17:30 Roteer na verskillende aktiwiteite
17:30 – 18:00 Blokke
18:00 – 18:30 Ouers arriveer
18:30 – 20:00 Saalprogram (Ouers en Graad 7’s)
Ons besef dat dit vir baie leerders moeilik sal wees om ná skool by die hoërskool te kom. Daarom onderneem ons om leerders by laerskole te gaan haal en na die hoërskool te vervoer. Die antwoordstrokie moet daarom korrek voltooi word en aan u betrokke laerskool terugbesorg word. Ons sal die antwoordstrokies daar kom afhaal. Neem asseblief kennis dat u self verantwoordelik is vir die vervoer van u kind terug huis toe. Die verrigtinge sal nie later as 20:15 duur nie.
Kom word deel van die “Florrie-magic”! Hier is elke dag ‘n vervullende belewenis.
Hoërskool Florida – die besliste keuse van ingeligte ouers en toppresteerders!
Florriegroete
M.S. SCHUTTE
HOOF
UITSLAE SATERDAG 24 JULIE 2010
Monday, July 26th, 2010
HOKKIEUITSPEELWEDSTRYDE
O/14A verloor 0 – 2 teen Hoërskool Noordheuwel
O/15A verloor 0 – 1 teen Hoërskool Monument
RUGBYTELLINGS
|
|
Florida |
Monument |
|
O/14 |
7 |
32 |
|
O/15 |
5 |
3 |
|
O/16 |
0 |
27 |
TENNISUITSLAE VAN GEMENGDE LIGA
Monday, July 26th, 2010
Florida A vs Monnas 44 – 19
Florida B vs Monnas 30 – 33
Baie geluk aan die A-span!
Die seunspan is ook die wenners van die seniorliga.
Baie geluk – ons is TROTS op julle!
PRESTASIES
Monday, July 26th, 2010
- Pieter Conradie (gr. 10) is vir ‘n SA O/16-Akademiespan (rugby) gekies. Hierdie span gaan op ‘n stadium oorsee speel. Baie geluk, Pieter!
- Aimee van Rooyen (gr. 9) is gekies vir die SA-Span in Ritmiese Gimnastiek wat aan die Jeug Olimpiese Spele in Singapore gaan deelneem. Baie geluk met jou nasionale kleure en baie sterkte met jou voorbereiding Aimee!
- Die O/16-Hokkie-span (seuns) het die mooi prestasie behaal om in hulle liga-streek die semi-finaal teen Hoërskool Linden te wen (2 – 0) en daarna in die finaal teen Maragon te wen met strafhoue (1 – 0). (Die telling was 2 – 2 aan die einde van gewone speeltyd). Baie geluk seuns met ‘n puik prestasie!
- Die O/15A Rugbyspan het pragtig gespeel en is gekroon as Goue Leeus Makro-skole kampioen. In die liga, sowel as in die finaal het hulle daarin geslaag om Hoërskool Monument te klop – van harte geluk!
MUSIEKSENTRUM DINEEKONSERT
Friday, July 23rd, 2010
HOëRSKOOL FLORIDA
MUSIEKSENTRUM
BIED AAN ‘N
DINEEKONSERT
Woensdag, 4 Augustus 2010
18:30 vir 19:00 in die skoolsaal
R100-00 per persoon
(voorsien asseblief u eie drinkgoed)
Kunstenaars
Deirdre Blignaut (sang)
Daniel Cucukovic (klavier)
en Zanta Hofmeyr (viool)
SKAKEL ASSEBLIEF: Me Bets Swanepoel (sekretaresse – musiek)
(011) 672-5345 of 083-988-9661
` (kantoorure : Maandae – Donderdae, 12:30 – 17:00)
Florrie Fokus 22 Julie 2010
Thursday, July 22nd, 2010WêRELDKENNIS-OLIMPIADE
Monday, July 19th, 2010
Op 22 April 2010 het 159 van ons leerders deelgeneem aan die Wêreldkennis-Olimpiade. Gr. 8 tot 12-leerders het dieselfde vraestel geskryf wat opgestel en gekoördineer is deur prof. Nico du Plessis van die Universiteit van die Vrystaat.
Baie geluk aan die volgende leerders wat die beste in die betrokke grade presteer het:
Gr. 8 Wihan Möhlen 63.53%
Gr. 9 Willem Maritz 70%
Gr. 10 Karien van Biljon 75.29%
Gr. 11 Marais van Wyk 76.47%
Gr. 12 Paul Maritz 81.76%
Johann Rossouw 81.76%
Alle deelnemers ontvang sertifikate wat tydens die onderskeie bekroningsfunksies aan hul oorhandig sal word.
Hoërskool Florida is ook aangewys as een van vyf groot skole met die grootste persentasie deelnemers. Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het – ons maak 2011 weer so.
Skyfskiet SANSSU Nasionale Posligauitslae
Monday, July 19th, 2010
Die posliga waaraan almal so hard gewerk en geskiet het se uitslae is uit… en die wenners is FLORIDA. Baie geluk!
Werner Budricks het ‘n volkaart in prone.
Gheran Bantjes is die senior sporter wenner en Herman Mynhardt wenner van die junior veerskuts.
Ons seniors behaal eerste, tweede en vierde plekke.
Die senior veerspan behaal derde plek.
Die presisie seuns spanne is eerste, tweede en vierde en die dogters presisie eerste en tweede. Baie geluk aan al hierdie spanne!
LEERDERS EN PRESTASIES
Monday, July 19th, 2010
Nogmaals geluk aan al ons presterende Florries. Al die provinsiale toernooie (rugby, hokkie) het reeds plaasgevind met die netbal wat eersdaags hul toernooi gaan hê.
Die volgende leerders het provinsiale kleure in rugby, hokkie en netbal ontvang:
|
RUGBY |
||||
|
O/18 Craven- weekspan |
O/18 Akademiespan |
O/19 Welpiespan |
O/16 Grant Khomospan |
O/16 Akademiespan |
|
Wian Fourie |
Armandt Liebenberg |
Erwin Lombaard |
Munzeer Latief |
Erwin Harris |
|
Gideon Muller |
Juan Vos |
Eugene Nel |
Ché Stevens |
Pieter Conradie |
|
Fabian Booysen |
Bradley Paulse |
Mark Strydom |
|
Jode Mostert |
|
Vian vd Watt |
|
Ramon Sameuls |
|
|
|
Tshepo Mooki |
|
|
|
|
|
Armandt Liebenberg |
|
|
|
|
|
HOKKIE |
|
|
Suid-Gauteng O/18 |
Suid-Gauteng O/16 |
|
Elke van der Merwe |
Leeza Engelbrecht |
|
NETBAL |
||
|
Gauteng O/18 |
Gauteng O/17 |
Gauteng O/15 |
|
Chagné Labuschagne |
Zelda Olivier |
Zhané Potgieter |
|
Elsabe van Rensburg |
Simónn Kleynhans |
|
|
|
Choeminey Barends |
|
|
|
Zandré Kruger |
|
- Fabian Booysen (gr. 12) en Gideon Müller (gr. 12) het die mooi prestasie behaal om gekies te word vir die SA O/18-Prestasiegroeprugbyspelers. Hierdie groep ontvang intensiewe oefening en afrigting en word geoormerk vir hoër louere.
- Nardo Bouwer (gr. 9) is gekies vir die Sentraal-Gauteng Gimnastiekspan. Nardo het die mooi prestasie behaal om tydens die Sone-kampioenskappe ‘n eerste plek te behaal in sy ouderdomsgroep – baie geluk!















