Archive for August, 2010

Jou toekoms – die volgende 50 jaar…

Monday, August 30th, 2010

 

Woensdag 06 Oktober 2010 18:30 vir 19:00 – Hoërskool Florida

Jongmense moet keuses uitoefen wat hulle die volgende 5 dekades moet pas.  Om sulke keuses te kan maak moet hulle dus hulself bewapen met die nodige navorsing en kennis.  Die werklikheid is dat die loopbaankeuses wat leerders wat vanjaar of volgende jaar afstudeer moet maak, hul tot sowat 2060 moet pas.  Die meeste van ons het geen idée wat die volgende jaar gaan gebeur nie, wat nog te sê die volgende 50 jaar… 

Hoe betalend is sekere beroepe? Watter beroepe bied mens die meeste keuses vorentoe?  As mens na Suid-Afrika se werkloosheidsyfers kyk is dit duidelik dat daar ‘n stryd is om werk te bekom. Jongmense se werkloosheidsyfer is ver bokant die 50% merk en baie mense verloor hoop om ooit werk te kry.  Is die akademiese roete vir almal of is daar hoop as ek ‘n ander roete wil volg?  Waar is die tekorte in die werksmag?  Is daar ‘n toekoms in Suid-Afrika? 

Dalk kan mens nie al hierdie vrae in een aand antwoord nie maar hierdie ondersoek is tog belangrik vir jongmense en hulle ouers om van kennis te neem.

Op Woensdag 06 Oktober 2010 kom gesels die bekende ekonoom en tweemalige wenner van die FinMedia24 Ekonoom van die Jaar kompetisie, Mike Schüssler, oor hierdie onderwerp by Hoërskool Florida.  Hy sal van hierdie vrae beantwoord en ook interessante statistiek en feite bekendmaak.

  

Die aand se verrigtinge begin om 18:30 vir 19:00, koste beloop R60 per skolier en R80 per volwassene en sal ligte versnaperings insluit na afloop van die aanbieding.  Daar sal ook ‘n vraag&antwoord-sessie wees.

Beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar, om jou plek te bespreek stuur ‘n e-pos na onsdiensteedsgetrou@gmail.com met jou detail en hoeveelheid kaartjies benodig en dan sal jy ‘n e-pos ontvang met die bankbesonderhede vir ‘n direkte inbetaling wat dan jou sitplek sal bevestig by hierdie geleentheid. 

Hierdie geleentheid word aangebied deur die Hoërskool Florida Alumni-Vereniging.

Florrie Fokus 26 Augustus 2010

Wednesday, August 25th, 2010

florrie-22-26-aug-2010

TENNISUITSLAE (JUNIORLIGA)

Monday, August 23rd, 2010

Juniorligauitslae: 

 

Florida

Monument

Seuns

31

15

Dogters

32

14

 

Baie geluk, ons is TROTS op julle!!

Florrie Fokus 19 Augustus 2010

Wednesday, August 18th, 2010

florrie-21-19-aug-2010

SKYFSKIETUITSLAE: GWSTS 3P LIGA

Monday, August 16th, 2010

 

Baie geluk aan almal wat medaljes verower het:

Goud:  Heystek Grobler, Charlto Vorster en Gheran Bantjes

Silwer:  Charl Greyling, Gavin Meiring en Anando Neethling

Brons:  Zander Venter en  Dean Smit

 

Die volgende skuts is in die Goue Leeus span opgeneem.  Baie geluk.

 

Presisie A                             Presisie B                             Presisie C

Heystek Grobler                    Zander Venter                       Bonita Burger

Neil Faasen                           Thembinkosi Cewanna

                                                Monique Brits

                                                Necia Janse v Vuuren

 

Sporter O/13                        Sporter O/16A                      Sporter O/16B        

Charlto Vorster                      Nina Grobler                          Ockert Graham         

                                                Charl Greyling                        Simone Budricks     

                                                                                                Waldo Oosthuizen    

 

Sporter O/16C

Herman Mynhardt

Davin van Niekerk

 

Sporter O/21A                      Sporter O/21B                     Springer O/21A

Gerhard v Aswegen              Izelle v Aswegen                    Gavin Meiring

Gheran Bantjes                    

Anando Neethling

 

 

 

 

TENNISUITSLAE (JUNIORLIGA)

Monday, August 16th, 2010

Juniorliga

 

 

Florida

Noordheuwel

Seuns

38

8

Dogters

22

24

 

Baie geluk aan die seunspan!  Sterkte vir Vrydag se wedstryd teen Monnas.

 

 

 

PRESTASIES

Monday, August 16th, 2010

  • Rouchelle van den Berg (gr. 12) presteer puik in dans (“Free Style”).  In ‘n onlangse kompetisie in Natal verower sy ‘n eerste plek in die afdeling “Rising Star” en ‘n tweede plek in die “Intermediate” afdeling in die ouderdomsgroep 16/17 jariges.  Baie geluk Rouchelle, en sterkte vir die kompetisies wat voorlê.
  • ‘n Graad 12-leerder, JP Fourie het onlangs tydens ‘n ongeluk waarby twee leerders en hul ouers van ons skool betrokke was, sy hulp en ondersteuning aan dié gesin gebied.  Hierdie gesin het in ‘n dankie-sê brief spesiaal vir JP bedank vir sy bystand tydens hul krisis. 
  • Baie geluk aan Zandré Kruger en Choeminey Barends wat vir die SA O/17-Netbalspan gekies is.  Dit is voorwaar ‘n skitterende prestasie.  Zelda Olivier het tot by die top 35 gevorder – geluk!
  • Baie geluk aan die volgende personeel met hulle verbeterde nasionale gradering in netbalskeidsregting:  Rosemary Swanepoel – B+, Elize Bekker – C, Anri Vermaas – D en    Charlene du Toit – D.

Lentedag saam met die Glam Guru

Wednesday, August 11th, 2010

Florrie Fokus 5 Augustus 2010

Thursday, August 5th, 2010

florrie-20-5-aug-2010-2

WISKUNDE OLIMPIADE

Monday, August 2nd, 2010

 

15 senior en 4 junior-leerders van Hoërskool Florida het gekwalifiseer vir die Harmony Wiskunde Olimpiade se tweede rondte.

 

Baie geluk aan die volgende leerders wat onder die top 102 leerders in Gauteng geëindig het:

Karien van Bijlon       gr. 10                          Rickus Dorfling          gr. 11

Pieter Erasmus         gr. 11                          Johann Rossouw       gr. 12

Christelle Fick           gr. 12                          Janina Benade          gr. 12

 

’n Spesiale geluk aan Janina wat die top kandidaat van hierdie groep was. 

PRESTASIES

Monday, August 2nd, 2010

 

  • Die wenners van die Idolskompetisie was as volg:  Joanette Watkins (gr. 8), naaswenner:  Siobhan Haylock (gr. 11) en derde plek:  Juan Chapman (gr. 11).
  • Rouchelle van den Berg (gr. 11) is gekies om aan die “Kwazulu Natal – All Stars Freestyle Dance Extravaganza” deel te mag neem – baie sterkte hiermee en baie geluk!
  • Bianca van den Heever (gr. 9) het die afgelope naweek aan ‘n padfietskompetisie deelgeneem wat aangebied is deur Hoërskool Noordheuwel.  Sy behaal ‘n eerste plek in die O/16-afdeling.  Baie geluk, Bianca!
  • Ruan-Tobie. gr. 11, en Unelle  Snyman, gr. 8, het aan die Judo SA-Geslote Kampioenskappe deelgeneem. Ruan-Tobie verwerf ‘n silwer medalje in die O/19-  gewigsgroep en Unelle ‘n goue medalje in die O/16-gewigsgroep.  Baie geluk!