Archive for June, 2011

JOKFEES – TREE OP AS GASVROU: DINSDAG 2 AUGUSTUS 2011 NAVI REDD

Wednesday, June 15th, 2011

9 Junie 2011

 Beste Voornemende Gasvrou

 Op Dinsdag 2 Augustus 2011 tydens die JOK-fees (Jeug-Oor-Kultuurfees), tree Navi Redd as gaskunstenaar by Hoërskool Florida op.  Talentvolle Florries, asook die skoolkoor, word tradisioneel die geleentheid gebied om tydens die voorprogram op te tree.

 Ons hoop dit sal weereens ‘n heerlike, gesellige aand wees waartydens gaste om tafels saam kuier.

 Wil u nie graag ‘n gasvrou tydens hierdie geleentheid wees nie?  Dit behels die volgende:

U kan u eie spyskaart saamstel maar ons stel ‘n slaai, ‘n broodjie en ‘n vleisgereg voor.

  • As u nie self die vleisdis wil maak nie, kan u deur die skool bobotie, bieflasagne, hoenderlasagne, hoenderpastei of hongaarse biefgoulash teen R100 per bak bestel.  Dit is voldoende vir 8-10 mense.
  • Dui aan of u ‘n skooltafeldoek wil gebruik.
  • Die leerders van die hotelskool sal u geregte wat warm gehou moet word, na u tafel bring.
  • U is verantwoordelik vir ‘n tafel van 8 persone.
  • U ontvang twee kaartjies gratis, maar moet die ander ses kaartjies teen R150 per persoon verkoop.
  • U is verantwoordelik vir die dek (eetgerei, breekgoed, glase, blomme) en alle eet- en drinkgoed (bv. sap) vir u gaste.  Die doel is nie om te kyk watter tafel die mooiste lyk nie,  maar om gesellig saam te kuier.  ‘n Kontantkroeg met wyn en koeldrank is beskikbaar.  Tee en koffie sal voorsien word (alles ingesluit).

 Voltooi asseblief meegaande vorm as u bereid is om as gasvrou op te tree en stuur terug na me Lina le Roux voor of op Vrydag 15 Julie 2011.  Dit sal verwelkom word as u dit gouer kan terug stuur aangesien dit sal help met die beplanning.

 By voorbaat dankie.

 Florriegroete

 L LE ROUX                                                               

JOK-FEESORGANISEERDER  

______________________________________________________________________________________________

REËLINGS IN VERBAND MET DINSDAG 2 AUGUSTUS 2011

 1.         U kan die tafel kom dek vanaf 15:00 – 17:00.  Saalplan is by die deure op.

 2.         U sorg vir ‘n eie tafeldoek (indien nie gereël), breekgoed, wynglase, koeldrankglase,

            messegoed, servette (m.a.w. u dek self).

 3.         Wat die ete betref sorg u vir ‘n vleisdis, slaai, broodjies en botter.  Nagereg en          voorgereg hang van u af.

 4.         Daar is ‘n kontantkroeg wat wyn en koeldrank verkoop.

 5.         Bobotie/hoenderlasagne/bieflasagne/hoenderpastei/hongaarse biefgoulash wat bestel       is word in die hotelskool warm gehou.  Leerders sal dit na die tafels bring.

 6.         U ruim self u tafel op.  Skooltafeldoeke word op die tafel gelaat.

 7.         Daar word koffie, tee, melk, suiker, kookwater, koppies, pierings en teelepels           voorsien.

 8.         Die program begin 18:15 vir 18:30

            Die voorprogram sal + 30 minute duur, waarna die ete sal plaasvind.  Afhangende    van hoe vinnig die mense eet sal Navi Redd se program 19:45 (20:00) begin.

 Dankie dat u bereid is om as gasvrou op te tree.

_________________________________________________________________________________________________

GASVROU : DINSDAG 2 AUGUSTUS 2011

VERTONING DEUR NAVI REDD

  Ek, me                                                                                     ouer van                                                       

Gr.                                sal graag / kan nie as gasvrou optree (nie).

 Dui asseblief die volgende aan :

Aantal tafels wat u wil neem  
Wil u van ‘n skooltafeldoek wit/groen gebruik maak                     (Ja/Nee)  
Wil u ‘n bestelling plaas vir ‘n bobotie teen R100                         (Ja/Nee)  
Wil u ‘n bestelling plaas vir bieflasagne teen R100                      (Ja/Nee)  
Wil u ‘n bestelling plaas vir hoenderlasagne teen R100   (Ja/Nee)  
Wil u ‘n bestelling plaas vir hoenderpastei teen R100                  (Ja/Nee)  
Wil u ‘n bestelling plaas vir hongaarse goulash teen R100          (Ja/Nee)  

 Bedrag ingesluit :

6 Kaartjies teen R150 elk R900
Bobotie R100
Bieflasagne R100
Hoenderlasagne R100
Hoenderpastei R100
Hongaarse biefgoulash R100
   

 Tjeks is betaalbaar aan Hoërskool Florida.

 U kan ook ‘n elektroniese oorbetaling doen :

 Naam :                        Hoërskool Florida

Bank :                         Standard Bank

Tak :                            Florida

Takkode :                   015 641

Rekening nr :             0211 40936

Telefoon :                   011-672 5345/6

Faks :                         086 545 1206

 E-pos bewys van betaling na emma@florries.co.za of faks na Emma by 086 545 1206.

                             

WENNERS MNR & MEJ FLORIDA 2011

Monday, June 13th, 2011

Tiaan Kleinhans (Mnr.SA Junior), Renier Wagenaar 1ste Prins, Armand Engels (Mnr.Matriekmodel), Juan Chapman (2de Prins)

Bernadine Nel (2010 Wenner), Nicole van Eck (2de Prinses), Melissa Jacobs (Mej. Florida Junior), Chanel Duursema (1ste Prinses)

Johanette de Waal (1ste Prinses), Melissa Greyling (Mej. Florida Senior), Nandie Liebenberg (2de Prinses)

Armand Engels (Mnr. Matriekmodel) & Tayla Robinson (Mej. Matriekmodel)


Junior meisies Senior meisies
Mej. Florida – Melissa Jacobs Mej. Florida – Melissa Greyling
1ste prinses – Chanel Duursema 1ste prinses – Johanette de Waal
2de prinses – Nicole van Eck 2de prinses – Nandie Liebenberg

Junior seuns Senior seuns
Mnr. Florida – Ricco de Lange Mnr. Florida – Juandré Pretorius
1ste prins – Hendrik van der Merwe 1ste prins – Marcel Luyt
2de prins – Vian Strydom 2de prins – Robin Mitchell

Matriek-meisies Matriek-seuns
Mej. Matriekmodel – Tayla Robinson Mnr. Matriekmodel – Armand Engels
1ste prinses – Kayla van Aswegen 1ste prins – Renier Wagenaar
2de prinses – Choeminey Barends 2de prins – Juan Chapman

Beoordeelaars

Elaine Boshoff                Eienaar van Oxygen Models

Tiaan Kleinhans            Mnr SA Junior 2011

Gert van Tonder            Sanger van Groep 2 en aanbieder van Wielie Walie

Caron van Greuning        Lid van Alabama en stemafrigter en choreograaf

Florries vs Marais Viljoen – Rugby, Netbal, Hokkie wen!

Sunday, June 5th, 2011

Hoërskool Florida se 1e rugbyspan het Marais Viljoen op laasgenoemde se tuisveld in ‘n FNB Classic Clash gerieflik met 27 – 11 geklop.  Dit was terselfdertyd ‘n Goue Leeus Makroskole liga-wedstryd.  Florries het in ‘n moeilke wedstryd gespeel asof hulle tevrede is met ‘n “lelike wen” en liefs hul kragte wou spaar vir die groot herontmoeting met aartsvyand Monnas in nog ‘n  Makroskolestryd op 11 Junie op Monnas se tuisveld.  Alhoewel die twee spanne waarskynlik weer in die Goue Leeus Makroskole Finaal sal ontmoet, heers daar ongekende belangstelling vir dié liga-wedstryd tussen hierdie Wesrandse rugbyreuse.  Florries het vriend en vyand verras deur die groot gunsteling Monnas in die NuPowerreeks in die semi-finaal te onttroon.  Waterkloof het in die finaal klaargespeel met Florries net om weer maklik deur Monnas in ‘n FNB Classic Clash geklop te word.  Florries sal dus ten alle koste wil bewys dat hulle oorwinning teen Monnas geen gelukskoot was nie en Monnas gaan beslis nie voor hulle tuisskare weer so maklik ore aangesit word nie.  ‘n Wedstryd vir die rugbyfynproewer dus: ’n stryd tussen die groot gunsteling en gekweste Monnas en die “underdog”, maar groot harte en mannemoed van Florries.

Florries druk steeds drie pragdrieë teen Marais Viljoen en Ruhann Kruger word as Speler van die wedstryd aangewys.  Puntemakers vir Florries: Drieë: Tshepo Mooki en Dominic Kroezen (2).  C-Than Moos: 3 doelskoppe en 2 stafskoppe.  Rustydtelling: 10 – 3. Florries se o/14 (37 – 8), o/15 (21 – 3) en o/16 (35 – 13) A-spanne behaal ook oorwinnings oor Marais Viljoen.

Die eerste netbalspan (22 – 21) en die eerste hokkiespan (2 – 0) het ook gewen.

Agter:  Koos Jansen van Vuuren (afrigter), Marthinus Schutte (hoof), Johan de Jager, Shane Erasmus, PJ Rheeders, Kobus du Plessis, Stian Nel, Ehrard Maritz, Dominic Kroezen, Ruhann Kruger (k), Jodé Mostert, Dwayne du Toit, Steven Matsieng, Jaco Swart (afrigter), Dawie Goosen (FNB).

Middel:  Tshepo Mooki, Bouke Gouws, Waldo de Lange, Brandon Barkley, Ettien Pretorius, C-Than Moos, Johan Erasmus (afrigter).

Voor:  Mark Strydom, Charlton Africa, Dominic Wiering, Brandley Paulsen, Nico du Plessis, Armand Dreyer.

Dominic Kroezen (12) gaan tussen die mikke oor vir een van sy drieë.

Dominic Kroezen (12) gaan tussen die mikke oor vir een van sy drieë.