Archive for January, 2012

3 MAART 2012 – BOBBY & KARLIEN VAN JAARSVELD

Friday, January 20th, 2012

Bobby en Karlien van Jaarsveld gaan op Saterdag 3 Maart by Hoërskool Florida se buitelug verhoog optree.

Maak seker jy koop nou reeds jou kaartjies by die kafeteria.

Toegang:  R100 per persoon en kinders onder 10 is gratis!

Moenie hierdie geleentheid misloop nie… kosstalletjies, biertuin en baie goeie vermaak!

Florrie Fokus 19 Januarie 2012

Thursday, January 19th, 2012

19 Jan2012_web

AANBOUING BY DIE ADMINISTRATIEWE KANTOOR

Tuesday, January 17th, 2012

Die groot projek van die jaar begin binne twee weke wanneer die administratiewe kantoor en vooraansig van die skool ‘n groot verandering ondergaan.  Hierdie projek behoort sowat 6 maande te duur – ek vra by voorbaat verskoning vir die ontwrigting en moontlike ongerief. 

Die kantoor sal na die hotelskool, en omliggende area skuif.  Daar sal duidelike aanwysings wees om u te help.

Vir die duur van die projek gaan die hoofhek slegs toeganklik wees vir die kontrakteur en sy werkers.  Die hek in Havengastraat sal oop wees vir die publiek en besoekers.  Ongelukkig sal parkering soggens, en veral smiddae, vir ouers, wat binne die terrein vir hul kinders wag, beslis nie moontlik wees nie.  U samewerking in dié verband sal baie waardeer word.

PERSONEEL

Tuesday, January 17th, 2012

Die volgende nuwe personeel word hartlik by ons verwelkom:

 

Naam Vakgebied
Mnr. Eugene Jonker Tegnologie en Lewensoriëntering
Mnr.Dewald Botha Lewenswetenskappe
Mej. Minette Venter RTT en Rekeningkunde
Mnr.Wi-André Erasmus Lewensoriëntering
Mev. Natalie Janse van Rensburg Geografie en SW
Mnr. DeWet Steyn Lewensoriëntering (sport)
Mej. Anké Luus Wiskunde
Mev. Jolette Beneke Wiskunde
Mev. Audrey Roets Engels
Mej. Lindrie van Heerden Afrikaans en Lewensoriëntering

 

Al die bogenoemde persone word net die beste toegewens.  Mag u elkeen die warmte en vriendelikheid van die Florrie-gemeenskap ervaar en beleef.