HoërskoolFloridase Prestige Gholfdag vind op Donderdag, 31 Mei 2012, op die Krugersdorp Gholfbaan plaas. Dit is een van die hoogtepunte op die gholfkalender en beloof om beslis ‘n prestige-geleentheid te wees.
Daar is werklik by ons skool soms groot nood, daarom word daar beoog om die wins van die gholfdag eerstens ten bate van die skool se welsynsfonds aan te wend. In 2012 word daar ook begin met die bouwerk aan die skool se nuwe administratiewe blok en die ander gedeelte van die wins sal ook in die boufonds gestort word.
Ons neem graag die vrymoedigheid om u te nader. U betrokkenheid sal help om die sukses van hierdie geleentheid te verseker. Ukandit op een van die volgende wyses doen of indien u op enige ander wyse ‘n bydrae wil lewer,kanu ons gerus kontak. Ons benodig nog borge vir die volgende :
1. Borg van spelersfooie : R13 200-00
2. Borg van aandete : R 8 000-00
3. Borg van ‘n bof (1, 9, 10) : R 5 000-00 per bof
4. Borg van ‘n bof (7, 11, 15) : R 2 000-00 per bof
5. Enige ander bydrae in die vorm van pryse.
Die prys vir ‘n vierbal beloop R2 000-00 en ukanook ‘n bydrae lewer deur in te skryf vir ‘n vierbal of ‘n vierbal te borg.
Ons glo dat die blootstelling wat u tydens hierdie gholfdag sal kry, werklik waardevol vir u besigheid sal wees. Ons hoop dus dat u u weg sal oopsien om ons te ondersteun.
Vir enige verdere navrae kontak me Lina le Roux by 011-672 5345/6.
By voorbaat dankie vir u positiewe gesindheid.