Archive for the ‘Ander sport’ Category

TENNISUITSLAE

Monday, March 5th, 2012

Baie geluk!  Sterkte vir die volgende wedstryd.

Florida vs Noordheuwel

 

Florida vs Bastion

  Seuns 34 – 16

Bastion gee punte

Dogters 26 – 24

 

TENNISWEDSTRYDE:  1e KWARTAAL

 

  1. Bastion
  Week 1

20-24 Feb

1 vs 3 2 vs 5 4 vs 6
  1.  Florida
Week 2

27 Feb – 2 Maart

1 vs 2 3 vs 4 5 vs 6
  1.  KHS
Week 3

5-9 Maart

6 vs 1 3 vs 2 5 vs 4
  1.  Monnas
Week 4

12-16 Maart

5 vs 1 6 vs 3 4 vs 2
  1.  Noordheuwel
Week 5

19-23 Maart

1 vs 4 6 vs 2 5 vs 3
  1.  Roodepoort
       

UITSLAE VAN TENNIS VS HOëRSKOOL MONUMENT

Monday, February 28th, 2011

Hiermee uitslae van die tennisliga teen Hoërskool Monument

Seuns  18 – 57          Wen met 29 spelle

Dogters 49 – 26        Verloor met 23 spelle

Baie geluk aan die seunspan!  Sterkte vir hierdie week se wedstryde teen Noordheuwel!

TENNISUITSLAE

Tuesday, October 26th, 2010

 

INTERNE KAMPIOENSKAPPE

  Dogters   Seuns
1 Monique Pretorius 1 Gerrit van Eeden (2e jaar nr. 1)
2 Chanel Duursema 2 Wiehann Möhlen
3 Chanel Lategan 3 Victor Dippenaar
4 Zahnri Kriel 4 Andre de Jager
5 Elzet Gous 5 Ruan Lategan
6 Mariëtte Sorgdrager 6 Claude Rennie

 

Baie geluk aan die bogenoemde spelers!

TENNISUITSLAE (JUNIORLIGA)

Monday, August 23rd, 2010

Juniorligauitslae: 

 

Florida

Monument

Seuns

31

15

Dogters

32

14

 

Baie geluk, ons is TROTS op julle!!

TENNISUITSLAE (JUNIORLIGA)

Monday, August 16th, 2010

Juniorliga

 

 

Florida

Noordheuwel

Seuns

38

8

Dogters

22

24

 

Baie geluk aan die seunspan!  Sterkte vir Vrydag se wedstryd teen Monnas.

 

 

 

TENNISUITSLAE VAN GEMENGDE LIGA

Monday, July 26th, 2010

 

Florida A        vs        Monnas          44 – 19

Florida B        vs        Monnas          30 – 33

 

Baie geluk aan die A-span! 

Die seunspan is ook die wenners van die seniorliga.

Baie geluk – ons is TROTS op julle!

LANDLOOP

Monday, May 17th, 2010

 

Die Landloop klubliga byeenkomste is in volle swang.  Die eerste byeenkoms het op 8 Mei 2010 te Kagiso plaasgevind.  Atlete wat aan hierdie byeenkoms deelgeneem het was:  Gerhardus Bronkhorst, Ruan Chapman en Carla van Zyl.  Al drie hierdie atlete het ‘n plek onder die eerste 20 atlete losgehardloop. 

Die afgelope Saterdag (15 Mei 2010) het die tweede liga te Tsakane Stadion plaasgevind.  Die landlopers wat deelgeneem het was:  Gerhardus Bronkhorst, Ruan Chapman, Carla van Zyl, Sonja Seyffert, Roxanne Cory en Lindie van Heerden.  Weereens was dit ‘n suksesvolle wedloop vir elkeen en wens ons almal sterkte toe vir die derde liga wat op 22 Mei 2010 te Delta Park gaan plaasvind.

TENNISUITSLAE (gemengde liga)

Monday, May 10th, 2010

                                                                                                               

Florida

Opponente

46

17

 

Baie geluk!

Die volgende wedstryd is op 14 Mei teen Bastion by Florida tennisklub.

GELUKWENSE

Monday, February 8th, 2010

Emile Theunissen (gr. 10) presteer baie goed in kanovaart. Nie net het hy al individueel verskeie riviermaratons aangedurf nie (en ‘n paar in sy ouderdomskategorie gewen), maar neem ook saam met sy pa deel aan spankompetisies. Tydens ‘n onlangse liga byeenkoms op die Roodeplaatdam het hy ‘n brons medalje in die 200m en ‘n goue medalje in die 500m van O/16’s behaal. Baie geluk, Emile!

Stoei

Tuesday, January 19th, 2010

Neil Faasen (gr. 12) het tydens die afgelope Desember 2009 vakansie ‘n silwer medalje in stoei verower tydens die Statebondkampioenskappe wat gehou is in Singapore. Baie geluk met ‘n puik prestasie, Neil!

2009 Bergfietsreeks kampioene

Sunday, September 13th, 2009

Hoërskool Florida is die 2009 Anatomic Hoërskole Bergfietsreeks-kampioene.  Hulle het die trofee voor meer as 50 skole weggeraap.  Die kompetisie bestaan uit 5 rondtes van 5,5 km elk vir die seniors en 3 rondtes van 3,5 km vir die juniors oor die tipiese ruwe bergterrein.  Bergfiets is besig om vinnig veld te wen as skolesport en die belangstelling daarin onder tieners neem dramaties toe – die 50 plus skole wat vir die liga ingeskryf het, getuig by uitnemendheid hiervan.

Florries se bergfietskampioene.  Agter: Theo Erasmus (organiseerder), Magriet Vorster (spanbestuurder), Dalmayne Kotze en Jamie Evans (trotse spankapteins met die trofee) en Marthinus Schutte (skoolhoof).

LANDLOOP

Monday, August 24th, 2009

Die volgende landloop atlete van Hoërskool Florida het hul D12-kleure verwerf en neem op 5 September aan die Gauteng Skole Kampioenskappe deel te Boksburg:

Minette van der Westhuizen Jolene Rabie Carla van Zyl

Michelle Nel Sandra-Lee Duursema Jamie Evans

Ilsemarie Evans Ruan Chapman Paul Maritz

Reinhardt Erasmus Lise-Marie Heyns Bianca Oberholzer

FLORIDA LANDLOOP IN VOLLE SWANG

Monday, August 17th, 2009

Hoërskool Florida se landloopseisoen staan nou spoedig einde se kant toe. Vyf maande is nou al verstreke waar 11 van Florida se middelafstand atlete baie selfmotivering en lojaliteit aan die dag gelê het, en volhard het in hul oefening by me. Rosemáry Swanepoel, mnr.

Rickus Swanepoel en me. Connie van der Westhuizen. Daar is direk na die atletiekseisoen begin met die landloop oorskakelingsprogram en vir 5 dae ‘n week is bloed gesweet. Tydens April tot einde Augustus is daar aan 5 klubliga byeenkomste deelgeneem waarvan 3 in swart woonareas plaasgevind het. Jolene Rabie en Ruan Chapman was ook as deel van ‘n skole aflosspan gekies wat in Mosambiek aan twee landloopbyeenkomste gaan deelneem het. Op Saterdag 15 Augustus het die Sentraal-Gauteng klubkampioenskappe te Westonaria plaasgevind en die uitslae word binnekort verwag. Atlete wat aan die bogenoemde klubby-eenkoms en Sentraal-Gauteng deelgeneem het, is:

Jolene Rabie (4km – Sentraal Gauteng) Carla

van Zyl (4km)

Ruan Chapman (6km)

Reinhardt Erasmus (8km)

Minette van der Westhuizen (4km – Sentraal Gauteng) Nico Grobler

(6km)

Op Vrydag 21 Augustus het Hoërskool Florida ook hul landloopbaan beskikbaar gestel vir die D12 Landloop kampioenskappe. Die atlete wat gaan deelneem is:

Michelle Nell (4km) Ruan Chapman (6km) Donovan

Wiering (6km)

Ilsemarie Evans (6km) Nico Grobler (6km) Paul

Maritz (6km)

Marius Steenkamp (8km) Bianca Oberholzer (4km) Minette vd

Westhuizen (4km)

Carla van Zyl (4km) Jolene Rabie (4km)

Sandra-Lee Duursema (4km) Jason Tolmay (6km) Jamie Evans (4km)

Reinhardt Erasmus (8km)

Baie sterkte aan hierdie atlete!

Karate

Monday, July 27th, 2009

Cassie Rossouw (gr. 9) het pas tydens die Haedong Kumdo Wêreldkampioenskappe twee goue medaljes verower. Hy verower dit in die individuele kata 1ste Dan O/15 en in span-kumite! Baie geluk Cassie – dit is skitterend!

Karate uitslae

Monday, April 20th, 2009

·     Jaco Eloff (gr. 11) is opgeneem in die Senior Protea Karatespan wat gedurende Septembermaand aan die Statebondespele gaan deelneem.  Hiermee verdien hy die tweede agtereenvolgende jaar sy Protea-kleure in karate.  Baie geluk, Jaco.

·         Nadine Parker (gr. 11) het die afgelope naweek in Durban deelgeneem aan die KSA Nasionale Kampioenskappe en ‘n goue medalje verower.  Sy is ook gekies vir die
Unison Karatespan wat gedurende Septembermaand aan die Statebondespele gaan deelneem.