Op 22 April 2010 het 159 van ons leerders deelgeneem aan die Wêreldkennis-Olimpiade. Gr. 8 tot 12-leerders het dieselfde vraestel geskryf wat opgestel en gekoördineer is deur prof. Nico du Plessis van die Universiteit van die Vrystaat.
Baie geluk aan die volgende leerders wat die beste in die betrokke grade presteer het:
Gr. 8 Wihan Möhlen 63.53%
Gr. 9 Willem Maritz 70%
Gr. 10 Karien van Biljon 75.29%
Gr. 11 Marais van Wyk 76.47%
Gr. 12 Paul Maritz 81.76%
Johann Rossouw 81.76%
Alle deelnemers ontvang sertifikate wat tydens die onderskeie bekroningsfunksies aan hul oorhandig sal word.
Hoërskool Florida is ook aangewys as een van vyf groot skole met die grootste persentasie deelnemers. Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het – ons maak 2011 weer so.