9 Junie 2011
Beste Voornemende Gasvrou
Op Dinsdag 2 Augustus 2011 tydens die JOK-fees (Jeug-Oor-Kultuurfees), tree Navi Redd as gaskunstenaar by Hoërskool Florida op. Talentvolle Florries, asook die skoolkoor, word tradisioneel die geleentheid gebied om tydens die voorprogram op te tree.
Ons hoop dit sal weereens ‘n heerlike, gesellige aand wees waartydens gaste om tafels saam kuier.
Wil u nie graag ‘n gasvrou tydens hierdie geleentheid wees nie? Dit behels die volgende:
U kan u eie spyskaart saamstel maar ons stel ‘n slaai, ‘n broodjie en ‘n vleisgereg voor.
- As u nie self die vleisdis wil maak nie, kan u deur die skool bobotie, bieflasagne, hoenderlasagne, hoenderpastei of hongaarse biefgoulash teen R100 per bak bestel. Dit is voldoende vir 8-10 mense.
- Dui aan of u ‘n skooltafeldoek wil gebruik.
- Die leerders van die hotelskool sal u geregte wat warm gehou moet word, na u tafel bring.
- U is verantwoordelik vir ‘n tafel van 8 persone.
- U ontvang twee kaartjies gratis, maar moet die ander ses kaartjies teen R150 per persoon verkoop.
- U is verantwoordelik vir die dek (eetgerei, breekgoed, glase, blomme) en alle eet- en drinkgoed (bv. sap) vir u gaste. Die doel is nie om te kyk watter tafel die mooiste lyk nie, maar om gesellig saam te kuier. ‘n Kontantkroeg met wyn en koeldrank is beskikbaar. Tee en koffie sal voorsien word (alles ingesluit).
Voltooi asseblief meegaande vorm as u bereid is om as gasvrou op te tree en stuur terug na me Lina le Roux voor of op Vrydag 15 Julie 2011. Dit sal verwelkom word as u dit gouer kan terug stuur aangesien dit sal help met die beplanning.
By voorbaat dankie.
Florriegroete
L LE ROUX
JOK-FEESORGANISEERDER
______________________________________________________________________________________________
REËLINGS IN VERBAND MET DINSDAG 2 AUGUSTUS 2011
1. U kan die tafel kom dek vanaf 15:00 – 17:00. Saalplan is by die deure op.
2. U sorg vir ‘n eie tafeldoek (indien nie gereël), breekgoed, wynglase, koeldrankglase,
messegoed, servette (m.a.w. u dek self).
3. Wat die ete betref sorg u vir ‘n vleisdis, slaai, broodjies en botter. Nagereg en voorgereg hang van u af.
4. Daar is ‘n kontantkroeg wat wyn en koeldrank verkoop.
5. Bobotie/hoenderlasagne/bieflasagne/hoenderpastei/hongaarse biefgoulash wat bestel is word in die hotelskool warm gehou. Leerders sal dit na die tafels bring.
6. U ruim self u tafel op. Skooltafeldoeke word op die tafel gelaat.
7. Daar word koffie, tee, melk, suiker, kookwater, koppies, pierings en teelepels voorsien.
8. Die program begin 18:15 vir 18:30
Die voorprogram sal + 30 minute duur, waarna die ete sal plaasvind. Afhangende van hoe vinnig die mense eet sal Navi Redd se program 19:45 (20:00) begin.
Dankie dat u bereid is om as gasvrou op te tree.
_________________________________________________________________________________________________
GASVROU : DINSDAG 2 AUGUSTUS 2011
VERTONING DEUR NAVI REDD
Ek, me ouer van
Gr. sal graag / kan nie as gasvrou optree (nie).
Dui asseblief die volgende aan :
| Aantal tafels wat u wil neem |
|
| Wil u van ‘n skooltafeldoek wit/groen gebruik maak (Ja/Nee) |
|
| Wil u ‘n bestelling plaas vir ‘n bobotie teen R100 (Ja/Nee) |
|
| Wil u ‘n bestelling plaas vir bieflasagne teen R100 (Ja/Nee) |
|
| Wil u ‘n bestelling plaas vir hoenderlasagne teen R100 (Ja/Nee) |
|
| Wil u ‘n bestelling plaas vir hoenderpastei teen R100 (Ja/Nee) |
|
| Wil u ‘n bestelling plaas vir hongaarse goulash teen R100 (Ja/Nee) |
|
Bedrag ingesluit :
| 6 Kaartjies teen R150 elk |
R900 |
| Bobotie |
R100 |
| Bieflasagne |
R100 |
| Hoenderlasagne |
R100 |
| Hoenderpastei |
R100 |
| Hongaarse biefgoulash |
R100 |
| |
|
Tjeks is betaalbaar aan Hoërskool Florida.
U kan ook ‘n elektroniese oorbetaling doen :
Naam : Hoërskool Florida
Bank : Standard Bank
Tak : Florida
Takkode : 015 641
Rekening nr : 0211 40936
Telefoon : 011-672 5345/6
Faks : 086 545 1206
E-pos bewys van betaling na emma@florries.co.za of faks na Emma by 086 545 1206.