CON SPIRITO
Monday, May 24th, 2010Van harte geluk met jul eerste plek in die provinsiale rondte van die Eisteddfod! Ek is baie trots op julle en dankbaar dat jul elkeen deel kon wees van ’n groot geleentheid. Dankie vir elke opoffering wat julle gemaak het om te kon optree. Ook ’n groot dankie aan elke onderwyser wat ons gehelp het om hierdie geleentheid te kon meemaak. Ons waardeer dit!
Daar is nie vanjaar ’n nasionale rondte nie agv die Sokker-wedstryde. Jul kan dus nou lekker rus terwyl jul hard leer vir die eksamen! Daar lê twee koorfeeste voor in volgende kwartaal en ons afskeidskonsert ook.
Weer eens baie dankie aan al die ouers wat so mooi en geesdriftig gehelp het met die koorfees! Sonder julle sou die aand nie naastenby ’n sukses gewees het nie. Ek waardeer dit!
- Willemien Boll
















