LEGALLY BLOND MUSIEKBLYSPEL
Thursday, February 2nd, 2012
Hoërskool Florida voer vanjaar die musiekblyspel “Legally Blond” op in die Pro Musica Teater vanaf 18 April 2012 tot 21 April 2012.
Die welbekende film “Legally Blond” is verlede jaar verwerk as ’n musiekblyspel en is sopas in Broadway opgevoer. Hoërskool Florida is so bevoorreg om eerste in Suid-Afrika te wees met die opvoer van hierdie blyspel. Ons stel graag hierdie produksie bekend aan die publiek van Suid-Afrika.
Die produksiespan is as volg:
Regisseur: Me. Hesta van Straten
Produksiebestuurder: Me. Lina le Roux
Musikale direkteur: Mnr. Marten van Wyk
Choreograaf: Me. Danit Bukris
















