Hoërskool Florida se 1e rugbyspan het Marais Viljoen op laasgenoemde se tuisveld in ‘n FNB Classic Clash gerieflik met 27 – 11 geklop. Dit was terselfdertyd ‘n Goue Leeus Makroskole liga-wedstryd. Florries het in ‘n moeilke wedstryd gespeel asof hulle tevrede is met ‘n “lelike wen” en liefs hul kragte wou spaar vir die groot herontmoeting met aartsvyand Monnas in nog ‘n Makroskolestryd op 11 Junie op Monnas se tuisveld. Alhoewel die twee spanne waarskynlik weer in die Goue Leeus Makroskole Finaal sal ontmoet, heers daar ongekende belangstelling vir dié liga-wedstryd tussen hierdie Wesrandse rugbyreuse. Florries het vriend en vyand verras deur die groot gunsteling Monnas in die NuPowerreeks in die semi-finaal te onttroon. Waterkloof het in die finaal klaargespeel met Florries net om weer maklik deur Monnas in ‘n FNB Classic Clash geklop te word. Florries sal dus ten alle koste wil bewys dat hulle oorwinning teen Monnas geen gelukskoot was nie en Monnas gaan beslis nie voor hulle tuisskare weer so maklik ore aangesit word nie. ‘n Wedstryd vir die rugbyfynproewer dus: ’n stryd tussen die groot gunsteling en gekweste Monnas en die “underdog”, maar groot harte en mannemoed van Florries.
Florries druk steeds drie pragdrieë teen Marais Viljoen en Ruhann Kruger word as Speler van die wedstryd aangewys. Puntemakers vir Florries: Drieë: Tshepo Mooki en Dominic Kroezen (2). C-Than Moos: 3 doelskoppe en 2 stafskoppe. Rustydtelling: 10 – 3. Florries se o/14 (37 – 8), o/15 (21 – 3) en o/16 (35 – 13) A-spanne behaal ook oorwinnings oor Marais Viljoen.
Die eerste netbalspan (22 – 21) en die eerste hokkiespan (2 – 0) het ook gewen.

Agter: Koos Jansen van Vuuren (afrigter), Marthinus Schutte (hoof), Johan de Jager, Shane Erasmus, PJ Rheeders, Kobus du Plessis, Stian Nel, Ehrard Maritz, Dominic Kroezen, Ruhann Kruger (k), Jodé Mostert, Dwayne du Toit, Steven Matsieng, Jaco Swart (afrigter), Dawie Goosen (FNB).
Middel: Tshepo Mooki, Bouke Gouws, Waldo de Lange, Brandon Barkley, Ettien Pretorius, C-Than Moos, Johan Erasmus (afrigter).
Voor: Mark Strydom, Charlton Africa, Dominic Wiering, Brandley Paulsen, Nico du Plessis, Armand Dreyer.

Dominic Kroezen (12) gaan tussen die mikke oor vir een van sy drieë.

Dominic Kroezen (12) gaan tussen die mikke oor vir een van sy drieë.