Liewe voornemende Florrie 2026
U word hartlik uitgenooi na ons Inligtingsaand op Woensdag, 5 November 2025.
Ons sien daarna uit om u en u kind by ons te verwelkom!
RSVP: Vul asseblief die vorm in teen Dinsdag, 4 November 2025 via die volgende skakel:
👉 https://forms.office.com/r/qPPc8KuSDx
PROGRAM:
🕔 17:00 – 17:50:
Leerders en ouers/voogde meld aan en teken ‘n bywoningsregister.
🕔 17:00 – 17:55:
Leerders pas hulle gratis skoolbaadjie aan.
🕕 18:00:
Saalprogram. U ontvang baie belangrike inligting wat daarop fokus om u kind voor te berei vir die eerste paar weke van hul Florrie-avontuur. Moet dit asseblief nie misloop nie.
Daar sal ook betalingsfasiliteite wees indien u die Aggiekamp (R1 200) wil betaal.
Dit is van uiterste belang om ‘n ingeligte keuse te maak aangaande u kind se hoërskoolloopbaan.
Afgesien van ons prestasies op sport- en kulturele gebied, is ons veral trots op ons puik akademiese rekord. Hoërskool Florida spog jaarliks met die meeste vaktoekennings sowel as die meeste personeeltoekennings tydens die distriksprysuitdeling. Ons het vanjaar weer die “Top Achieving Town School”, “Best Performing School” en “Overall School of Excellence” trofees ontvang. Florries is beslis die akademiese voorloper aan die Wesrand! Ons vier ook hierdie jaar ons 80ste bestaansjaar – Van Toeka tot Tagtig en steeds ‘n baken aan die Wes-Rand.
Vir verdere inligting en navrae, moet u beslis Hoërskool Florida se Opedag op Dinsdag, 25 Februarie 2025 bywoon. Kom vergewis uself van wat ons unieke skool u en u kind kan bied.
Die program vir dié dag sal as volg verloop:
- 13:00 – 13:45 Aankoms en ete (Graad 7’s) by die hoofhek
- 14:00 – 17:45 Roteer na verskillende aktiwiteite
- 17:45 Blokke
- 17:30 – 18:00 Ouers arriveer
- 18:00 – 19:30 Saalprogram (Ouers en Graad 7’s)
- DRAG Skoolklere of gewone klere.
Ons besef dat vervoer na Hoërskool Florida ‘n probleem kan wees. Ons onderneem dus om leerders by die onderskeie laerskole te gaan haal en na die hoërskool te vervoer. Indien u van Hoërskool Florida se busvervoer gebruik wil maak moet u die vrywaringsvorm asseblief korrek voltooi en aan u betrokke Laerskool terugbesorg. Neem asseblief kennis dat u self verantwoordelik is vir die vervoer terug huis toe.
Indien u kind die Opedag gaan bywoon, maar nie van ons busvervoer gebruik gaan maak nie, skakel of e-pos die skool by 011-672 5345 / bemarking@florries.co.za / sport@florries.co.za. Die verrigtinge sal tot ± 19:30 duur.
Voltooi asseblief die QR kode op die Inligtingsbrosjure om te RSVP. Skakel asseblief vir me Di Woolley by 011-672 5345 indien u enige probleme ondervind
Kom word deel van die Fantastiese Florrie-Familie!
Indien jy onseker is oor wat wanneer gebeur, kliek gerus op die Departement die bestuursplan (Admission Management Plan) vir spesifieke aksies en datums.