Musieksentrum

Inligting vir nuwe leerders
Musiek word by Hoërskool Florida se Musieksentrum soos volg aangebied:

IN SKOOLTYD: MUSIEK VERVANG SKEPPENDE KUNS (VERRYKINGSVAK) AS VAK:
Gratis onderrig vir gr. 8- en gr. 9-leerders word gedurende die oggende in die verrykingsperiodes aangebied as een van die afdelings van die verrykingsvakke.  Elke gr. 8- en gr. 9-musiekleerder moet egter ’n musiekfooi vir die instandhouding van die instrumente en musiekapparaat betaal. 

Hierdie R500 per jaar is betaalbaar voor die einde van die eerste kwartaal.  Indien die leerder twee musiekinstrumente sou neem, bly die bedrag slegs R500.  Die instrumente wat gratis onderrig word, is: klavier, viool,  trompet, blokfluit, Franse horing, tromboon en tuba.  Hierdie klasse word gedurende die oggende deur voltydse musiekonderwysers aangebied. ’n Beperkte aantal leerders kan op die skoolrooster ingepas word.  Doen asseblief so vroeg moontlik aansoek.

Klik op die registrasieknoppie en voltooi die registrasievorm volledig en stuur terug aan musieksentrum@florries.co.za

Navrae:

Mev Bets Swanepoel (Sekretaresse)

Telefoonnommer: 011 672 5345
E-pos: musieksentrum@florries.co.za

Mev Tharien Oosthuizen (Departementshoof)

Telefoonnommer: 011 672 5345
Selnommer: 083 763 8293
E-pos: tharieno@florries.co.za

Hoërskool Florida