Sosiaal
Mnr. & Mej. Florida
Groot dank aan elke leerder wat tydens hierdie glans geleentheid gestraal het.
Julle het almal pragtig gelyk en veral jul temas skitterend uitgebeeld.
Hierdie geleentheid was beslis een van die hoogtepunte op ons jaarkalender en elke Florrie kan
opreg trots wees om deel van die sukses verhaal te wees.
Baie dankie aan me. Marietjie Bezuidenhout en almal wat gehelp het om vir ons leerders ‘n onvergeetlike aand te reël.
Baie geluk aan elke wenner.
Baie dankie aan me. Marietjie Bezuidenhout en almal wat gehelp het om vir ons leerders ‘n onvergeetlike aand te reël.
Baie geluk aan elke wenner.
Matriekafskeid
Ons het die rooi tapyt met trots uitgerol . . .
Vir die Florries is die matriekafskeid die jaar se hoogtepunt op die sosiale kalender! Dis die laaste geleentheid waar die matrieks as groep lekker kan saam kuier en almal kosbare herinneringe kan koester! Ook die kans om jou spoggerigste rokkie en mooiste pak van jou lewe te dra en die metgesel van jou drome uit te nooi na ‘n heerlike aand wat vir altyd sal onthou word.

Gr 12 Afskeid
Ons neem elke jaar op 'n regte Florrie kultuur van ons Gr 12 leerders afskeid.
Loop en Geloof
Jesustyd is elke Donderdag 1ste pouse by die PALMBOME. Ons gaan in 2023 ook 4 "praise and worships" hou en dit gaan aan die einde van elke kwartaal wees. Jesus is altyd daar vir ons en dus maak ons tyd vir Hom in die vorm van Jesus tyd.
Geesvang
Die Florries het groot pret elke jaar met pret en plesier onder onnies en leerders
Inligtingsaand
2022 se Inligtingsaand was weereens n reuse sukses. Hier by die Florries word alles in styl gedoen. Die saal was stampvol met ouers en nuwe Graad Aggies wat in afwagting geluister het na alle inligting rondom die 1e maand van hulle nuwe skool.
Die aand het begin met n vlagseremonie van klank en kleur...en daarna het die hoofleiers die ouers en kinders in die vorm van n ligte produksie op n opwindende reis na 2023 geneem....
Gr 6-opedag
Florries het elke jaar n Gr6 opedag vol pret, plesier en gees. Kyk uit vir die volgende een en beleef gou die Florrie Magic.