Kultuur

Musiekblyspel

Hoërskool Florida is bekend vir die aanbied van bekende musiekblyspele. Gedurende die afgelope jare is Fame, Chicago, Disco Inferno, Legally Blonde, 9 to 5, Sister Act asook Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat in verskeie teaters opgevoer.

ATKV-Spelathon

Leerders leer in dié spelkompetisie om reg te spel. Die hoop is dat Spelathon die leerders sal aanspoor om baie meer aandag aan die gebruik van Afrikaans te gee en nie net SMS-taal te gebruik nie!

Dis gróót pret en bou goeie verhoudinge. Hoërskool Florida neem al die afgelope drie jaar aan hierdie ongelooflike kompetisie deel. Moedertaal sowel as nie-moedertaalsprekendes neem landwyd deel. Gehore maak tydens hierdie kompetisie ook met die vermaaklikheidswaarde kennis.

Florries Got Talent

Die Florrie Idols vind jaarliks aan die einde van Julie plaas en is die afskopvertoning van ons JOK-fees. Hierdie kompetisie het ontwikkel tot een van die kultuurhoogtepunte op die skool se kalender. Die kompetisie bestaan uit twee fases: 'n Uitdunrondte en die gala-aand in die skoolsaal. Tydens die gala-aand word professionele klank en beligting gebruik. Beoordelaars uit die musiekbedryf beoordeel die deelnemers en hul stemme. Die tema en dekor is elke jaar iets besonders. Hierdie is net nóg ’n unieke geleentheid vir Florries om hul talente uit te leef.

Idols en Florries got Talent het saamgesmelt.

Filmskool

Hoërskool Florida spog met sy eie filmskool. Hierdie filmskool bied leerders die geleentheid om by die filmwêreld betrokke te raak deur bemarkingsvideo’s, inligtingsvideo’s en vele meer. Die filmskool bied ook gratis redigeringsklasse aan. Dramaleerders kan besluit om die filmgedeelte in hul dramasillabus te kies. Hierdie leerders se finale praktiese eksamen is die vervaardiging van ’n film of dokumentêr.

JOK Fees
(Jeug oor Kultuur-fees)

’n Naam is vir die fees gesoek – iets wat lekker op die tong sou lê en só het die Jok-fees oftewel Jeug Oor Kultuur onstaan. Plakkate is ontwerp. Heel kreatief het een van die kunsleerders ’n wasgoedpennetjie geteken en slagspreuke soos ”JOK en Jol”, “Hang uit met kultuur”, “Pen dit vas” en “JOK jy ook?” ontstaan.

Gaskunstenaars wat al oor die jare opgetree het sluit in Randall Wicomb, Pieter Smit, Navi Redd, Mathys Roets, Overtone, Coenie de Villiers, Glaskas, Lucas Maree, Theuns Jordaan, Revolusie, Prime Circle, Nataniël, Robbie Wessels, Chris Chameleon, Karen Zoid, Klopjag, Tuindwergies, Melktertkommissie, Straatligkinders, DNA Strings, Dewald Wasserfall en Joshua Na Die Reën.

Koor

Hoërskool Florida se koor het 'n roemryke geskiedenis. Die koor bestaan sedert 1995 bekend as Con Spirito (“Met Geesdrif”). Ons koor gaan vandag steeds van krag tot krag. Die afgelope 27 jaar het bekende koormeesters soos Johan van der Sandt, Johan Bester, Ralf Schmitt, Vaughan van Zyl en Schalk van der Merwe die koor gelei. Me. Tharien Oosthuizen lei die koor met me. Tina Langley as begeleier. Die organiseerders is mee. Talita van Niekerk en Shanelle Beetge en mnr. Johan Brits.

Radio Florries

Hoërskool Florida is baie bevoorreg om ’n radiostasie op die skoolterrein te bedryf. Die radiostasie saai oor die hele skoolterrein uit en leerders word aangemoedig om pouses deel te wees en hulle stempel af te druk as Radio DJ's met lekker musiek en geselsies.

Revue

Hoërskool Florida