Untitled-2 (59)

’n Onvergeetlike dag van musiek, kuier en Florrie-trots wag op jou! Kom vier 80 jaar van trots, prestasie en passie saam met ons op die sportvelde!

🎟️ Kaartjies:

R150 per persoon via Quicket of by die hek.

🔗 Quicket (https://tinyurl.com/toekatickets)

📲 Skandeer die QR-kode op die plakkaat om vinnig te bespreek.

ℹ️ Belangrike info:

📢 Veilige parkering teen R20 per voertuig.

📢 Bring jou eie kampstoel.

📢 Geen kos, koelbokse of sambrele/gazebo’s toegelaat nie.

💚 Trek jou dansskoene aan, bring die gees en wees deel van ’n dag wat jy nie wil misloop nie!

3 MEI 2025: OUD-FLORRIE SPORTDAG

Ons skool vier 80 jaar van trots en nooi ALLE oudleerders om deel te wees van ‘n epiese Sportdag op 3 Mei 2025!
 
Kom speel weer saam met jou ou spanmaats in 7’s Rugby, 5-a-side Hokkie of Fast 5 Netbal – net soos in die ou dae! 
 
💰 Koste: R500 per span
📍 Waar? By die skool
👥 Wie? ALLE oud-Florries! Nooi oud-florries om weer saam te speel – net soos in die ou dae! 
 
Klik op die skakel om jou span in te skryf – ons wag vir julle! 👉 https://forms.office.com/r/7J05tbU5m7
 
Sluit aan vir ‘n dag vol lag, kompetisie en heerlike herinneringe.

13 - 14 MEI 2025: CON SPIRITO HERFSFEES

Hoërskool Florida