By Hoërskool Florida is u kind...

Nie net 'n leerder nie,

maar 'n presteerder!

Kom geniet die reis saam met ons en word ‘n Florrie-presteerder.

Welkom by Hoërskool Florida

Hoërskool Florida streef daarna om ‘n leierskool in Suid-Afrika te wees deur die optimum opvoedkundige en ontwikkelingsomgewing te skep waardeur ons kinders tot volle potensiaal kan ontwikkel.

Hoërskool Florida het goed toegeruste skoolgeboue en sportgronde met drie klubhuise, ‘n gimnasium en ‘n Cross Fit-sentrum. Sportvelde: rugby, netbal, atletiek, tennis, hokkie, krieket en ‘n swembad.  Die ontspanningsentrum het ‘n snoepie, gimnasium en ‘n gesellige kafeteria.  Ons beskik oor twee hotelskole. Funksies kan ook hier gereël word.  Hoërskool Florida spog met die grootste binnenshuise skietbaan in die Suidelike Halfrond, ‘n dramateater, filmskool en radiostasie.

MISSIE:
Om deur aktiewe betrokkenheid van personeel, ouers, gemeenskap en leerders, ons leerders op te voed, te ontwikkel en voor te berei tot gebalanseerde, standvastige, goed toegeruste, trotse, hoogs gemotiveerde en lojale jongmense wat die vinnige veranderende toekoms met vertroue sal kan aandurf.

Ons dien getrou

Florrie Beleid

As leerder van Hoërskool Florida onderneem ek om:

  • Al my talente sodanig aan te wend, dat ek God mag eer, wat dit aan my toevertrou het, in die volle vertroue dat Hy beheer het oor elke mens, skool, volk en land.
  • Getrou te wees aan die skool waarin ek opgeneem is.
  • Respek te toon aan die hoof, personeel en leerders waarmee ek in aanraking kom.
  • Respek af te dwing met my houding teenoor andere. Vriendelik, hulpvaardig en opreg te wees teenoor almal met wie ek in aanraking kom.
  • Slegs my beste te lewer in elke aktiwiteit waarmee ek besig is en waarin ek my skool verteenwoordig.
  • Erkenning te gee aan diegene wat hom/haar op ‘n besondere wyse onderskei.
  • Vergewingsgesind te wees teenoor persone wat my te na gekom het.
  • Hulpvaardig te wees teenoor minderbevoorregtes en hulpbehoewendes.
  • Eerlik en opreg te wees teenoor my meerdere, gelykes en mindere. My te weerhou van enigiets wat my medemens kan kwets, skaad of verkleineer.
  • Getrou te wees teenoor die volk, kerk en gemeenskap waartoe ek geroep is, om sodoende ‘n volwaardige burger te word van die land en volk waarin ek behoort.
  • Om altyd te streef na reinheid ten opsigte van my persoon, werk en gedagtes, sodat ek deel kan voel van ‘n opgevoede gemeenskap.

Ons streef voortdurend daarna om ons leuse, “Ons dien getrou,” uit te leef.

Belangrike Gebeurtenisse 2026

Alle belangrike datums en gebeure word met ons Florrie-familie gekommunikeer deur die Florrie Fokus asook die D6-kommunikeerder.

Inskrywings

Graad 8 2026 GDO AANLYNREGISTRASIES

Dit is van uiterste belang om ‘n ingeligte keuse te maak aangaande u kind se hoërskoolloopbaan.

Afgesien van ons prestasies op sport- en kultuurgebied, is ons veral trots op ons puik akademiese rekord. Hoërskool Florida spog jaarliks met die meeste vaktoekennings sowel as die meeste personeeltoekennings tydens die distriksprysuitdeling.  Ons het vanjaar weer die “Top Achieving Town School”, “Best Performing School” en “Overall School of Excellence” trofees ontvang.  Florries is beslis die akademiese voorloper aan die Wes-Rand!  

Vir verdere inligting en navrae, skakel gerus met ons op 011 672 5345 of stuur ‘n e-pos aan bemarking@florries.co.za

Kom word deel van die Fantastiese Florrie-familie!

Florrie Hoogtepunte

Sosiale Skakels

Volg ons Aanlyn

Wat ons Florries vir jou bied

Hoërskool Florida