By Hoërskool Florida is u kind...
Nie net 'n leerder nie,
maar 'n Presteerder!
Kom geniet die reis saam met ons en word ‘n Florrie presteerder.


Welkom by Hoërskool Florida
Hoërskool Florida streef daarna om ‘n leierskool in Suid-Afrika te wees deur die optimum opvoedkundige- en ontwikkelingsomgewing te skep waardeur ons kinders tot volle potensiaal kan ontwikkel.
Florida Hoërskool het goed toegeruste skoolgeboue en sportgronde met drie klubhuise, Gym en X-fit sentrum. Sportvelde: rugby, netbal, atletiek, tennis, hokkie, krieket en ‘n swembad. Die ontspanningsentrum het ‘n snoepie, gimnasium en ‘n gesellige kafeteria. Ons beskik oor twee hotelskole. Funksies kan ook hier gereël word. Hoërskool Florida spog met die grootste binnenshuise skietbaan in die Suidelike halfrond, ‘n drama teater, Filmskool en Radiostasie.
Ons dien getrou
Florrie Beleid
As leerder van Hoërskool Florida onderneem ek om:
- Al my talente sodanig aan te wend, dat ek God mag eer, wat dit aan my toevertrou het, in die volle vertroue dat Hy beheer het oor elke mens, skool, volk en land.
- Getrou te wees aan die skool waarin ek opgeneem is.
- Respek te toon aan die hoof, personeel en leerders waarmee ek in aanraking kom.
- Respek af te dwing met my houding teenoor andere. Vriendelik, hulpvaardig en opreg te wees teenoor almal met wie ek in aanraking kom.
- Slegs my beste te lewer in elke aktiwiteit waarmee ek besig is en waarin ek my skool verteenwoordig.
- Erkenning te gee aan diegene wat hom/haar op ‘n besondere wyse onderskei.
- Vergewingsgesind te wees teenoor persone wat my te na gekom het.
- Hulpvaardig te wees teenoor minderbevoorregtes en hulpbehoewendes.
- Eerlik en opreg te wees teenoor my meerdere, gelykes en mindere. My te weerhou van enigiets wat my medemens kan kwets, skaad of verkleineer.
- Getrou te wees teenoor die volk, kerk en gemeenskap waartoe ek geroep is, om sodoende ‘n volwaardige burger te word van die land en volk waarin ek behoort.
- Om altyd te streef na reinheid ten opsigte van my persoon, werk en gedagtes, sodat ek deel kan voel van ‘n opgevoede gemeenskap.
Ons streef voortdurend daarna om ons leuse, “Ons dien getrou,” uit te leef.
Belangrike Gebeurtenisse 2025
Alle belangrike datums en gebeure word met ons Florrie-familie gekommunikeer deur die Florrie Fokus asook die D6-kommunikeerder.
Maandelikse Gebeurtenisse 2025
Alle belangrike datums en gebeure word met ons Florrie-familie gekommunikeer deur die Florrie Fokus asook die D6-kommunikeerder.

Inskrywings
Graad 8 2026 OPEDAG
Dit is van uiterste belang om ‘n ingeligte keuse te maak aangaande u kind se hoërskoolloopbaan.
Afgesien van ons prestasies op sport- en kulturele gebied, is ons veral trots op ons puik akademiese rekord. Hoërskool Florida spog jaarliks met die meeste vaktoekennings sowel as die meeste personeeltoekennings tydens die distriksprysuitdeling. Ons het vanjaar weer die “Top Achieving Town School”, “Best Performing School” en “Overall School of Excellence” trofees ontvang. Florries is beslis die akademiese voorloper aan die Wesrand! Ons vier ook hierdie jaar ons 80ste bestaansjaar – Van Toeka tot Tagtig en steeds ‘n baken aan die Wes-Rand.
Vir verdere inligting en navrae, moet u beslis Hoërskool Florida se Opedag op Dinsdag, 25 Februarie 2025 bywoon. Kom vergewis uself van wat ons unieke skool u en u kind kan bied.
Die program vir dié dag sal as volg verloop:
- 13:00 – 13:45 Aankoms en ete (Graad 7’s) by die hoofhek
- 14:00 – 17:45 Roteer na verskillende aktiwiteite
- 17:45 Blokke
- 17:30 – 18:00 Ouers arriveer
- 18:00 – 19:30 Saalprogram (Ouers en Graad 7’s)
- DRAG Skoolklere of gewone klere.
Ons besef dat vervoer na Hoërskool Florida ‘n probleem kan wees. Ons onderneem dus om leerders by die onderskeie laerskole te gaan haal en na die hoërskool te vervoer. Indien u van Hoërskool Florida se busvervoer gebruik wil maak moet u die vrywaringsvorm asseblief korrek voltooi en aan u betrokke Laerskool terugbesorg. Neem asseblief kennis dat u self verantwoordelik is vir die vervoer terug huis toe.
Indien u kind die Opedag gaan bywoon, maar nie van ons busvervoer gebruik gaan maak nie, skakel of e-pos die skool by 011-672 5345 / bemarking@florries.co.za / sport@florries.co.za. Die verrigtinge sal tot ± 19:30 duur.
Voltooi asseblief die QR kode op die Inligtingsbrosjure om te RSVP. Skakel asseblief vir me Di Woolley by 011-672 5345 indien u enige probleme ondervind
Kom word deel van die Fantastiese Florrie-Familie!

Florrie Hoogtepunte
DISTRIKPRYSUITDELING (PERSONEEL VAN 2024)
Die jaarlikse Distriksprysuitdeling vir die graad 12-personeel van 2024 het op Vrydag,14 Februarie 2025 plaasgevind. 15 personeel in 12 vakke behaal die hoogste gemiddeld in

Hoërskool Florida ontvang toekennings
Top Achieving Town School (%) Best Performing School Overall School of Excellence Verder word Dannike Zietsman aangewys as die Dux leerder in die Distrik met
Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat
Hoërskool Florida het in 2023 die geleentheid vir leerders gegee om deel te wees van ons spog produksie, Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat. Die
Wat ons Florries vir jou bied

Studente

Onderwysers

Matriekuitslae

Distriktoekennings
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.