Ontmoet ons Hoof

Florries is bevoorreg om Mnr J.J. Katzke aan die bestuur te hê. By Hoërskool Florida spreek ons altyd hoop en seën.

Ons glo aan vernuwing, maak nuwe planne, dink uit die boks en gebruik elke geleentheid om uitnemend te wees. Ons glo dat middelmatigheid bloot nie goed genoeg is nie en ons streef altyd na die beste.

Hier by Florries sê ons vir mekaar:

  • Neem beheer oor jou lewe.
  • Wees anders en maak in verskil.
  • Leef ligter en met ‘n  glimlag.
  • Moenie onnodige bagasie saamdra nie.
  • Moenie dat die omstandighede, die wêreld en sy mense jou vrede steel nie.
  • Ons pas aan of ons nou jonk of oud is – ons sal nooit gaan lê nie.
  • Die glas by Florries is altyd halfvol en nie halfleeg nie.
  • Ons is positief.
  • Ons is arende en vlieg hoog.
  • Ons is ons ma se mooiste, beste, slimste en oulikste.
  • Ons droom groot en
  • Ons is Liewe Jesus se witbroodjies en spreek elke dag hoop en seën

Ontmoet ons personeel

Hoërskool Florida beskik oor ‘n span uiters bekwame en hoogs professionele personeel. Deeglike en deurdagte beplanning, tesame met die gefokusde poging van elkeen in ons span, lei daartoe dat Florries gereeld hoogtes en prestasies bereik wat ons laat uitstaan as die akademiese toonaangewer in ons streek en ons suksesvol laat meeding met enige ander kompetisie in ons provinsie.
 

Ons Bestuurspan word bygestaan en ondersteun deur ‘n uiters bekwame, akademiese, ondersteunende en administratiewe personeelgroep wat verseker dat die skool op ge-olie ratte loop.

Ontmoet ons VLR

Die Dagbestuur bestaan uit die skool se voorsitters en ondervoorsitters. Hulle visie vir hulle ampstermyn is om trots en samehorigheid by elke Florrie te kweek.

Beheerliggaam

Die Beheerliggaam streef daarna om die skool en leerders se belange op die hart te dra en te verseker dat daar deurgaans ondersteuning op alle vlakke gebied word.

Vir enige navrae oor skoolsake, stuur gerus ’n e-pos na: sbl@florries.co.za /  hoof@florries.co.za

Voorsitter: Ds. H Theart
Onder-voorsitter: Me S Malan
Voorsitter Finansiële-Komitee: Mnr. E van Staden
Sekretaresse: Mev. E Jansen

Die portefeuljes word as volg gevul:

  1. Beplanning, dissipline en regsake: S Malan
  2. Finansies: E van Staden
  3. Fondsinsameling en borgskappe: S Kruger
  4. Vervoer, geboue en terrein: K J v Vuuren
  5. IT-kommunikasie en bemarking: L Jansen
  6. Akademie: R Nell
  7. Kultuur: C Schlebusch
  8. Maatskaplik: J. Botha
  9. Sport: J Bothma

Florrie Geskiedenis

Hoërskool Florida se hoeksteenlegging het op 30 September 1944 plaasgevind en die eerste 356 Florries het in 1946 amptelik hier begin skoolgaan.

Die skool was aanvanklik ‘n dubbelmedium skool.  Daar was slegs vyftien personeellede en mnr B.G. Lindeque was die eerste skoolhoof.

Skooldrag

Seuns Somer: 

  • Wit oopnekhemp met kort moue en skoolwapen op sak, of wit langmouhemp met das – hemp mag nie uithang nie.
  • Grys langbroek en grys sokkies, of grys kortbroek en lang grys kouse.


Dogters Somer:

  • Wit oopnekhemp met kort moue.
  • Groen skoolrok.
Hoërskool Florida