Skooldrag
Seuns Winter:
- Wit hemp met lang moue.
- Grys langbroek.
- Skooldas.
- Skooltrui.
- Skoolbaadjie.
- Skoolserp (Gr. 12: Rooi / Gr8-11: Groen).
- Swart skoolskoene.
- Grys, swart of bruin gordels sonder klinknaels.
- Geen “balaclavas” nie.
- Hemde mag nie uithang nie.
Dogters Winter:
- Wit langmouhemp.
- Groen skoolrok.
- Skooldas.
- Groen skoolsykouse of sokkies.
- Skooltrui.
- Skoolbaadjie.
- Skoolserp (Gr. 12: Rooi / Gr. 8-11: Groen).
- Langbroek (dogterssnit).
- Swart skoolskoene.
Seuns Somer:
- Wit oopnekhemp met kort moue en skoolwapen op sak, of wit langmouhemp met das – hemp mag nie uithang nie.
- Grys langbroek en grys sokkies, of grys kortbroek en lang grys kouse.
- Skooltrui.
- Skoolbaadjie.
- Swart skoolskoene sonder gespes.
- Grys, swart of bruin gordel. ‘n Skoolsweetpak word by sportdrag gedra.
- Hemde mag nie uithang nie.
Dogters Somer:
- Wit oopnekhemp met kort moue.
- Groen skoolrok.
- Skooltrui.
- Skoolbaadjie.
- Kort groen sokkies.
- Swart skoolskoene.
- ‘n Skoolsweetpak word by sportdrag gedra.