Sport

Hoërskool Florida spog met ’n wye verskeidenheid sportsoorte, onder andere skaak, muurbal, skyfskiet en bergfiets. Ons beoog om vir elke leerder ’n geleentheid te gee om hulle talente uit te leef in die sportsoort van hulle keuse. Ons is veelsydig, doelgerig en dinamies op sportgebied en streef altyd daarna om in alle areas te verbeter.

Ons maak dit ons missie om, deur die voorsiening van sportaktiwiteite, by te dra tot die holistiese ontwikkeling en opvoeding van ons leerders, ouers en gemeenskap. Hoërskool Florida streef daarna om voortdurend vernuwend en kreatief te wees om sodoende te verbeter; om deur puik prestasies op ’n natuurlike wyse leerders te werf; en om ’n professionele sportkultuur by die skool en ons leerders te vestig.

Atletiek

Afrigters: Baan: C Hanekom
Diskus: L Badenhorst en S Botha
Gewigstoot: W v Heerden en D Coetzee
Hekkies: D Brits
Hoogspring: D du Preez; E Botes
Middelafstande:W Wiersma
Spiesgooi: E Bekker
Verspring: A Theron; D Todd; P Jordaan
Afsetter: R Wise
Organiseerders: C Hanekom
Spanbestuurders: Seuns: D Wilsenach
Dogters: C Hanekom
Tegnies: M Fouche en D Basson

Hokkie
(Seuns en Dogters)

Afrigters: Dogters
o/14: K. Richards, Z. Janse van Rensburg en A. Roux
o/15: M. Fouché-Jacobs, S. Potgieter en S. van Staden
o/16: S. Schwan en W. Wiersma
Eerste span: M. Janse van Rensburg en R. Potgieter

Afrigters: Seuns
o/14:
D. du Preez
o/15:
D. Du Preez:
Eerste span: D. Basson en A. v. Dyk
Organiseerder: D. Basson
Oefentye: Maandag tot Donderdag (14:00 - 17:00)

Tegnies en Verversings: B. Nortje en L. Crafford

Netbal

Hoërskool Florida spog met me. Di Woolley (Nasionale President van SA Skole-netbal), me. Ronelle Nell (Sekretaris van SA Skole-netbal), een nasionaal en vyf provinsiaal gegradeerde skeidsregters.

Afrigters:
o/14: A. Theron, C. Ott en M. Janse van Vuuren
o/15: D. Todd en M. van der Westhuizen
o/16: E. Botes en D. Alberts
o/17: E. Bekker
o/18: M. Janse van Vuuren (B-span); C. Hanekom en S. Kruger (A-span)

Organiseerder: A Theron

Kontakinformasie: alieshat@florries.co.za

Rugby

Rugby speel sedert die bestaan van Hoërskool Florida ’n prominente rol in die skool. Rugby het vele leerders se karakter positief beïnvloed wat daartoe gelei het dat sommige as gevolg van rugby ’n blink toekoms vir hulle uitgekerf het.
Afrigters:
o/14A: D. Venter
o/14B: D. Koopman
o/15A: M. Hanekom en V. Volschenk
o/16A: S. Coetzee en JP du Preez
o/16B: G. van der Merwe
Tweede span: R. Amok
Eerste span: P. Jordaan en W. van Heerden
Organiseerder: M. Hanekom
Oefentye: Maandag tot Donderdag 14:30 - 17:00

Bergfietsry

Florries se bergfietsspan is beslis nie bang vir modder, spoed of om te val nie. Ons nooi graag elke Florrie uit om aan hierdie pretaktiwiteit deel te neem. Ons neem aan verskeie sosiale wedrenne deel wat spangees bou en ons span op ’n sosiale manier ontwikkel. Daar sal ook een wegbreeknaweek wees om na uit te sien, waar ons Florries leer van kamp, Florrie-wees en fietsry. So, stof jou fiets af, maak seker daar is pleisters in die huis en word deel van ons avontuurlustige span.

Afrigter en organiseerder: H Steyn

Oefentye:
Dinsdae 15:00 - 19:00
Donderdae 15:00 - 19:00

Gholf

Gholf is sedert 1991 een van die sporte wat Hoërskool Florida aanbied. Ons neem jaarliks aan die gholfliga deel en is baie trots op ons gholfspelers se prestasies. Die skool het ook al verskeie gholftoere onderneem soos die Suidkustoere in KwaZulu-Natal waar die seuns die bekende Pepperpots- toernooi gewen het. Ons speel Dinsdag-middae op CMR Ruimsig of Krugersdorp se bane. Daar word ook op ander bane gespeel waaronder: Sun City, Lost City, Magalies Park, Eagle Canyon en Pecanwood. Seuns en dogters wat belangstel om gholf te speel hoef nie ’n amptelike voorgee te hê om in die sosiale span te kan speel nie. Hulle moet net hul eie stokke besit.

Mnr. Ronnie Wise dien as voorsitter (asook afrigter) van die Unie en word ook gekies om op die Suid-Afrikaanse Hoërskole Gholfunie se bestuur te dien.

Oefentye: Dinsdag-middae op CMR Ruimsig of Krugersdorp se gholfbane.

Krieket

Die skool beskik oor goeie nette en ’n grasblad waarop daar jaarliks wedstryde gespeel word. Die prestasies waarop die krieket veral trots is, is Johan Vorster wat in sy matriekjaar gekies is om vir die SA o/19 Colts in Barbados teen Wes-Indië se o/19-span te kon speel. Hy het die universiteitspan van die Universiteit van Johannesburg (UJ) met groot sukses afgerig. Quinton Prinsloo het vir die Natalse Plattelandse span gespeel. Michael du Plessis, Hylton Olwagen en Renier Botes het nasionale klere in aksiekrieket ontvang. Heinrich Botes is ook in 2013 en 2014 vir die nasionale o/18-aksiekrieketspan gekies. Hoërskool Florida is jaar ná jaar trots op sy onderskeie provinsiale spelers. Afrigters:
Eerste span: D. du Preez, P. Jordaan en D. Basson
Tweede span: R. Wise en J. Byleveld.

Organiseerder: R. Wise.

Landloop

Landloop neem deel aan die reeks. Die span het hulle die afgelope twee jaar goed van hulle taak gekwyt. Die byeenkoms vind in April plaas wat buite die landloopseisoen val. Ons presteer goed in die liga's. Die span groei elke jaar met atlete wat by ons aansluit.

Afrigters en organiseerders:
W. Wiersma, J. Brits

Oefentye: Maandag tot Donderdag (15:00)

Ruitersport

Hoërskool Florida gee graag erkenning aan Florrie-ruiters tydens die jaarlikse sportprysuitdeling.

Organiseerder:
Sarien de Villiers (sariendv@florries.co.za)

Oefentye: Ruiters het gewoonlik hul eie perde of huur perde by 'n stal. Afrigting vind plaas by die stalle waar jou afrigter is.

Skaak

Afrigters & Organiseerders:
Buite afrigter en M Knoetze

Oefentye: Alle leerders, ook beginners, is welkom om die oefeninge by te woon.

Skyfskiet

Hoërskool Florida bied skyfskiet (luggeweer en lugpistool) op skolevlak aan ingevolge die riglyne van die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (SANSSU). Leerders van ander skole wat nie skyfskiet aanbied nie, is welkom om by Hoërskool Florida se skyfskietspan aan te sluit.

Elaine Kruger is die geweerafrigter en Xander van der Westhuizen die pistoolafrigter.



Organiseerder: Francé van Niekerk

Oefentye: Dinsdae en Donderdae

Tennis

Tennis is ’n sport wat regdeur die jaar deur jonk en oud beoefen kan word. Dit verg egter harde werk en deursettingsvermoë as jy mededingend wil deelneem. Dit is ’n lekker gesinsport wat in die buitelug beoefen kan word en daarom ook sommer sorg vir vars lug, oefening en sosiale samesyn.

Tennisoefening vind op Maandae en Donderdae van 14:15 - 15:30 by die Florida Park-tennisklub plaas.

Wedstryde word gereël deur die D12-komitee en vind gedurende die derde kwartaal plaas.

Afrigter: F. Haynes en E. Botha
Organiseerder: R Strydom

Almal wat wil tennis speel, moet 14:00 – 15:30 by klub wees. Bring gemaklike klere en ’n raket saam.
Hoërskool Florida