SKOOLGELD 2026
1. EENMALIGE VOLLE BETALING
| 1STE KIND | 2DE/3DE KIND | |
| EERSTE PAAIEMENT @ 13/01/2026 | R 3 900 | R 3 900 |
| SKOOLGELD @ 31/03/2026 | R 29 320 | R 26 388 |
| TOTAAL: | R 33 220 | R 30 288 |
LET WEL: Die korting word slegs toegestaan indien u volle rekening (vakfondse ingesluit) vereffen word voor einde Maart 2026.
2. MAANDELIKSE BETALINGS
| 1STE KIND | 2DE/3DE KIND | |
| EERSTE PAAIEMENT @ 13/01/2026 | R 3 900 | R 3 900 |
| SKOOLGELD: Word oor 10 maande van FEBRUARIE tot NOVEMVER betaal.
1ste kind R3258 per maand/10 maande 2de/3de kind R2933 per maand/10 maande |
R 32 580 | R 29 330 |
| TOTAAL | R 36 480 | R 33 230 |
3. EERSTE PAAIEMENT:
Die eerste paaiement beloop R3 900 en is betaalbaar met inskrywing. Indien u ‘n elektroniese betaling maak, versoek ons u vriendelik om dit te doen voor of op Vrydag, 9 Januarie 2026 om die administratiewe proses te vergemaklik.
4. BALANS VAN DIE SKOOLGELD:
Die balans van die skoolgeld word maandeliks afbetaal in 10 gelyke paaiemente en is as volg betaalbaar:
- By die kantoor.
- Elektroniese betaling – Gebruik asseblief u kind se skoolgeldrekeningnommer asook sy/haar naam en van as verwysing wanneer u ‘n skoolgeldbetaling maak.
- Per debietorder – Debietordervorms is in die finansiële kantoor beskikbaar. Ouers wat hierdie jaar van die debietorderstelsel gebruik gemaak het, word versoek om asseblief weer ‘n debietordervorm te voltooi vir 2026 om van die stelsel gebruik te maak.
Alle debietordervorms moet asseblief voor of op 30 November 2025 by die finansiële kantoor ingehandig word.
5. TOERE/EKSKURSIES:
Toer- en kampgelde moet steeds soos in die verlede volledig deur leerders betaal word voor daar op die toer of kamp vertrek word.
6. HEFFING OP VAKKE/VAKFONDSE:
Geen heffings op enige vak in graad 8 of 9 nie.
Graad 10 tot 12
| Dramatiese Kunste | R270 per leerder per jaar |
| RTT | R270 per leerder per jaar |
| IT | R270 per leerder per jaar |
| Verbruikerstudies | R420 per leerder per jaar |
| Elektriese Tegnologie | R420 per leerder per jaar |
| Siviele Tegnologie | R420 per leerder per jaar |
| Visuele Kunste | R550 per leerder per jaar |
Alle vakfondse moet asseblief by die finansiële kantoor betaal word voor die einde van die eerste kwartaal.
Skryfbehoeftes, sakrekenaars, tekenborde ens. word nie verskaf nie.
Bankbesonderhede
Naam: Hoërskool Florida
Bank: Standard Bank
Rekening nr: 02 1140 936
Takkode: 015 641
*Gebruik u skoolgeldrekeningnommer, asook u kind se naam en van as depositoverwysing